Gewone duiker

Duiker
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Sylvicapra

Ogilby, 1837
Spesie:
S. grimmia
Binomiale naam
Sylvicapra grimmia
(Linnaeus, 1758)

Die duiker (Sylvicapra grimmia), dikwels ook die gewone duiker of grysduiker genoem, om dit van die ander duikers te onderskei, is 'n klein wildsbokkie wat in Afrika suid van die Sahara aangetref word.

'n Volwasse duiker het 'n gemiddelde massa van 12 kg en 'n hoogte van ongeveer 50 cm. Duikers het twee horings op hulle koppe; die langste horings wat al aangeteken is, was 18 cm. Die kleur van 'n duiker wissel van gryserig tot roesgeel. Onder is hy gewoonlik wit, alhoewel hy ook grys of rooierig getint kan wees. Die voorkop is gewoonlik rooier en donkerder as die res van die liggaam en het 'n kenmerkende swart streep wat oor die neus loop.

Duikers eet hoofsaaklik blare van verskeie plante, vrugte en sade, wortels, bas, blomme, swamme, ruspes en soms selfs klein voëlkuikens.

Na 'n draagtyd van 4 maande, skenk die ooi geboorte aan 'n enkele lammetjie. Duikers het 'n moontlike lewensduur van 9 jaar.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search